Before It Ends with Us, it started with Atlas. Colleen Hoover tells fan favourite Atlas’s side of the story and shares what comes next in this long-anticipated sequel to the #1 Sunday Times bestseller It Ends with Us
Die weduwee en sterrekundige, doktor Emma Holbrook, se toekomsplanne sluit nie ’n babadogtertjie in nie. Sy wil vir NASA werk en gaan haar kind laat aanneem. Maar die aantreklike dokter Simon Krynauw, wat haar dogtertjie wil aanneem maak haar hart baie deurmekaar.
Jaybee en Maxwell moet met mekaar trou want die eenwording van hul twee familiename sal ’n ongeëwenaarde sakeryk skep. Ai, maar sy is verlief op ’n ander man, Will, wat sy pas ontmoet het … Hoe gaan haar hart dit oorleef?
Monalisa is in Rome om haar ouma se vintage trourok op te spoor. Sy ontmoet vir Luca, ’n sUKsesvolle modeontwerper, en saam pak hulle die soektog aan. Sy verloor haar hart op hierdie enigmatiese man. Maar sy is nie die enigste nie.
Lilly is oortuig dat haar buurman Matt ook gevoelens vir haar het. Maar dan trek sy eksvrou oornag by hom in en boonop praat hy gereeld van die nimlike “Selene” wie sy nog nooit met die oog gesien het nie.
Nicolaas weet nie die meisie hou van swem en is nie besig om na haar waterdood te spring nie. Hy red haar met moeite uit die water, maar in stede van ’n dankie, kry hy ’n afjak. So maklik gaan hy hom egter nie laat stuit nie.
Om sy voete teen die warm sand te beskerm, tel Lia ’n seun by die strand op en ontmoet sy mooie, maar moeilike pa, Viljé. Sy weet sy moet wegbly van hulle, maar die oulike seun steel haar hart − ’n talent wat hy blykbaar met sy pa deel.
Ron, die omroeper van die klassieke musiek-radiostasie se stem, is soos musiek vir Kate se ore. En wanneer sy hom in lewende lywe ontmoet, besef sy dat dit nie net sy stem is wat haar bekoor nie.
Wat moet Isabella doen? Sy ken niemand met wie sy wil trou nie, maar hunker na ’n kind van haar eie. Dalk moet sy kandidate vir vaderskap oorweeg en liewer wegbly van Niël Zeeman en sy onweerstaanbare soene.
Hy het haar hart gebreek toe hy ná hul nag van passie met ’n blonde pop by haar koffiewinkel opdaag. Maar nou is Leila se beste vriendin met Tinus se broer getroud en hy bly onder haar voete!
Karin verloor haar loopbaan, balletskool en kêrel na ’n ongelUK. Vir ’n nuwe begin trek sy na die Karoo en ontmoet Jaco – die man wat sy verantwoordelik hou vir die ongelUK. Omstandighede gooi hulle keer op keer saam en stadig vind hulle harte mekaar.
Jennifer se hart mis ’n slag. Waldo, die man wat sy nooit kon vergeet nie, staan weer voor haar. Maar hulle kry nie ’n tweede kans nie, want hy onthou haar nie … en is verloof. Tog laat ou liefde hom nie so maklik afskud nie.
Carlie verskil heeltemal van die vrouens met wie Armand daagliks te make het en prikkel daarom sy belangstelling. Hy het egter vantevore sy kop met ’n jonger vrou gestamp en sal nie toelaat dat dit weer gebeur nie.