Filter by Genre

  • Tussen seisoene

    R50.00 (incl VAT)
    Die koms van die streekhoof, Rheeder, lewer net probleme vir Lente op. Vanaf die eerste oomblik sit hulle vas en hy het ’n probleem met alles wat sy doen. Is hy bloot moedswillig en lastig, of is daar ’n dieper rede vir sy optrede?
  • Reënmaker

    R50.00 (incl VAT)
    In die hartjie van die Kgalagadi loop Kira hom raak – Melt, die meteoroloog met die goue hare en oë soos ’n leeu. Sal hierdie ‘reënmaker’ die droogte van haar hart kan opklaar?
  • Machoman leer liefdestaal

    R50.00 (incl VAT)
    Seerkry in beide Madri en Kobus se verlede maak hulle lugtig vir mekaar en vir ’n verhouding. En tog bestee hulle elke ledige minuut saam. Totdat Madri besef dat machoman Kobus kuns as tydmors beskou … en kuns is haar lewe!
  • Liefde vir ‘n woudprins

    R50.00 (incl VAT)
    Haar grootste vrees is slange. Nou sit Maresa diep in Afrika opgeskeep met Garth Stetson – die beroemde slangkenner. Maar tog, die aantrekkingskrag tussen hulle is onmiskenbaar. Net een probleem: Maresa is verloof aan Huxley en professor Evans het haar visier op Garth.
  • Liefde vir ‘n vlinder

    R50.00 (incl VAT)
    Emma Parker vlug van haar weelderige lewe in New York om as huishoudster vir Pieter Joubert op sy Bosveldplaas te werk. Hy het ’n groot bloutjie met ’n rykmansdogter in sy verlede geloop en gaan Emma teen alle koste vermy …
  • Liefde vir ’n ridder

    R50.00 (incl VAT)
    Annabel en haar klein Ami moet vir drie maande in New York saam met Jack Parker in sy suite bly. Hy sal dit oorleef. Hy is tog immers nie die troutipe nie. Maar hoekom voel sy hart deesdae so snaaks?
  • Liefde op die Nyl

    R50.00 (incl VAT)
    Haar suster en ma reken ’n bootreis op die Nyl sal finale berusting vir haar bring ná haar verbreekte verlowing. Troos kan egter verskillende vorme aanneem en in hierdie geval is hy aantreklik – lank, breedgeskouerd en gespierd.
  • Leila se leeuman

    R50.00 (incl VAT)
    Vir nog ’n man wat haar beroep afkraak sien Leila nie kans nie. Haar professor se seun, Leander, laat hom egter nie stuit nie en breek haar mure stUK-vir-stUK af. Leila probeer sterk staan, maar hierdie man verstaan haar hartklop beter as syself.
  • Kristel se bosbewoner

    R50.00 (incl VAT)
    Hoe Kristel op “haar” plaas aankom, vind sy uit dat sy ingeloop en haar plaas wettig aan Zac verkoop is. Hoewel hy haar goed laat verstaan dat sy nie welkom is nie, laat hy haar tog aanbly en reël selfs vir haar ʼn uitstalling waar sy haar skilderye kan verkoop. Maar hoe leef ʼn meisie onder een dak saam met so ʼn mooie man soos Zac sonder om op hom verlief te raak? En hoe gemaak met die beeldskone, venynige Lydia, wat soos ʼn parasiet aan Zac klou? Zac en Kristel neem ʼn ingrypende “besigheidsbesluit”, maar dit boemerang plesierig toe hulle besef wat hulle eintlik aangevang het.
  • Vir nou, altyd en daarna

    R50.00 (incl VAT)
    MacKenzie skep goeie aantreklike en intelligente vir-altyd-helde vir haar blog. Maar in haar wêreld is hierdie mans so skaars soos hoendertande ... Of so dink sy totdat sy Scheepers Rossouw in die stempuntry ontmoet.
  • Vermetele mansmens

    R50.00 (incl VAT)
    Hoe durf die arrogante, aantreklike Suid-Afrikaanse toeris Ben Breytenbach in Karli se lewe in Griekeland kom inmeng? Hy krap alles deurmekaar, asof sy geen sê in die saak het nie, en om alles te kroon verloor sy boonop haar hart op die vermetele mansmens.
  • Romanse in rock

    R50.00 (incl VAT)
    Beth kan haar “Groot Liefde” – Bruce Springsteen – se konsert in Noorweë bywoon. Sy moet net eers die vlug soontoe met die aantreklike Etienne Benade aan haar sy oorleef. En nie op hom verlief raak nie, want hy het ’n meisie.
  • Ridder van die branders

    R50.00 (incl VAT)
    Duart red Dineke van die diepsee se branders. ’n Ridder, dink sy.  Maar vanaf sy eerste woorde vryf hy Dineke verkeerd op. Duart dink sy is bedorwe en sy dink hy is ongemanierd. Waarom vind hulle mekaar dan onweerstaanbaar?
  • Op die sypaadjie

    R50.00 (incl VAT)
    Armin is te befoeterd vir Sabrina en Sabrina verkies surfers met sexy bolywe wat nie heeldag werk nie. Maar dan leer sy hom van feng shui en hy begin wonder of sy dalk die yin van sy yang is.
  • My hart se keuse

    R50.00 (incl VAT)
    Na haar eksman se verraad glo Saskia nie haar hart kan weer herstel nie ...  totdat sy die sproetgesigseuntjie in haar speelgroep se aantreklike pa, Quintin, ontmoet. Hy maak teenstrydige emosies in haar wakker: een oomblik laat hy haar hart bokspring, die volgende wil sy hom vermoor.
  • Maskerdans

    R50.00 (incl VAT)
    Loiselle is by Angelique Parfumeurs om die geur van Afrodite – die godin van liefde – in ’n bottel parfuum vas te vang. Nie om haar hart te verloor nie! Nie op haar baas Francois Valour of die geheimsinnige Kenzo wat sy by die maskerdans ontmoet nie.

Title

Go to Top